SKRYF NOU IN VIR VEREENIGING KUNSFEES 2025!!

Die Vaaldriehoek is in rep en roer!  Die skole het weer begin en kultuurbedrywighede is ook oral op die agenda.
Dis genoeg om die harte van elke kultuurliefhebber te laat warm klop!

Kultuur is lewendig in die Vaaldriehoek en dit maak ons opgewonde!  Dit lewer ‘n positiewe bydrae om die gemeenskap op te bou, om grense te oorbrug en om samehorigheid te bevorder - dit bring hoop! Dankie aan elke organisasie, elke skool en elke ateljee en individu vir julle bydrae om van die Vaaldriehoek ‘n mooier en beter plek te maak!

Ons is slaggereed om die jaar af te skop en kan nie wag om elke deelnemer en ondersteuner terug te verwelkom nie!

Ons sien uit om julle te ontvang en na elkeen van julle te luister!  Ons hoop om ook weer soveel pragtige kunswerke te ontvang soos verlede jaar!  Natuurlik is elke entoesiastiese ondersteuner en kultuurliefhebber ook welkom om al die talent wat hierdie jaar se kunsfees bied, saam met ons te kom geniet!