Wat is die Vereeniging Kunsfees en hoe werk dit?

Wie kan deelneem / Inskryf?

  • Deelname is oop vir amateurs. Professionele uitvoerende of kreatiewe kunstenaars mag nie deelneem nie. Onderwysers en afrigters mag deelneem. 
  • Leerders met spesiale onderrigbehoeftes (LSEN-leerders) word deelname in al die afdelings van die Vereeniging Kunsfees toegelaat. Daar is spesiale inskrywingsvorms en ‘n sillabus vir LSEN-leerders op die webwerf beskikbaar.
  • Alle skole, studios of organisasies wat aan die Vereeniging Kunsfees wil deelneem, moet ’n affiliasiefooi betaal. ’n Verminderde affiliasie is beskikbaar vir individue wat verkies om vir 10 of minder items in te skryf. 

Wat bied ons aan?

Die Vereeniging Kunsfees het agt afdelings vir deelname: 

  • Visuele Kuns
  • Instrumentaal
  • Klavier
  • Vokaal
  • Koor
  • Afrikaanse Drama
  • Engelse Drama
  • LSEN

 

 

Wie is ons?

Geskiedenis van die Vereeniging Kunsfees

Die Vereeniging Kunsfees wat jaarliks aangebied word is die oudste kunsfees in die Vaaldriehoek
Volle storie volg…

Visie van die Vereeniging Kunsfees

Die Vereeniging Kunsfees is ‘n nie-winsgewende organisasie.  Die doelwit van die organisasie is die bevordering van en die daarstel van ‘n platform vir die ontwikkeling van die uitvoerende en kreatiewe kunste in Vereeniging, asook die Vaaldriehoek en omliggende gebiede.

 

Bestuur van die Kunsfees

Die Vereeniging Kunsfees word georganiseer en bestuur deur gekose lede uit die affiliate.  Die Bestuurslede is almal toegwyd tot die visie van die Vereenigng Kunsfees en dienslewering aan die gemeenskap.

In die interpretasie van hierdie sillabus. Lê die finale besluit by die Bestuur van die Vereeniging Kunsfees.

Bestuurspan

Ontmoet die bestuurspan van die Vereeniging Kunsfees:

Imker Hoogenhout

Voorsitter

Colette Loots

Ondervoorsitter
Operasionele Bestuurder

René Nel

Uitvoerende Sekretaresse

Ria van Zyl

Inskrywingsadministrateur
Drama: Afrikaans

Barbara Hopley

Visuele Kuns

Rialda Smit

Klavier

Elsie Hoogenhout

Instrumentaal

Prudence Keulder

Vokaal

Engela van Zyl

Drama: Engels

Xandra Groenewald

Kore

Bronwyn Kotzé

Klankoperateur

Vriende van die Vereeniging Kunsfees:

Alle Musiekafdelings word aangebied by

Hoërskool Drie Riviere

Beoordelaars word gehuisves deur

Klip River Country Estate

Alle Drama-afdelings word aangebied by

Laerskool Drie Riviere