- Alle inskrywingsvorms moet elektronies ingevul word.
- Maak seker dat die spelling van name korrek is (insluitende spesiale karakters byvoorbeeld ê; é of ö), aangesien die sertifikate elektronies vanaf die inskrywingsvorm gedruk word.
- Vul die korrekte itemnommer in by elke item en volg dieselfde formaat as in die sillabus om die ander kolomme te voltooi.
- Vul die inskrywingsvorm in, in die taal van die deelnemer, aangesien die sertifikaat so gedruk sal word.
- Moenie enige kolomme of opskrifte op die inskrywingsvorm byvoeg nie.
- Die formaat van die inskrywingsvorm moenie verander word na PDF of enige ander formaat wat nie veranderbaar is nie.
- Elektroniese inskrywingsvorms moet na: vereenigingartsfestival@gmail.com ge-epos word.
- Alle inskrywingsvorms moet ook gedruk word en as harde kopieë gehandig word.
- Affilieerdes moet hul inskrywings van alle afdelings konsolideer op die ‘Opsommingsvorm’.
- Alle inskrywingsfooie moet elektronies oorbetaal word (sien bankbesonderhede op die inskrywingsvorm).
- ’n Inskrywingspakkie gemerk met die naam van die geaffilieerde, aantal inskrywings en kontaknommer, moet saamgestel word. Die pakkie moet die volgende insluit:
* Gedrukte kopieë van inskrywingsvorms (per afdeling) * Opsommingsvorm * Bewys van betaling
- Die komitee hou die reg voor om laat inskrywings te weier of ’n boete te verhef.
- Geen verplasing van deelnemers word na die sluitingsdatum toegelaat nie.
- Slegs inskrywings van geaffilieerde skole / studio’s / organisasies sal aanvaar word.
- Alle private individue wat wil inskryf moet ook ’n affiliasiefooi betaal (verwys asseblief na fooie).
- Kennisgewing van skedules sal na die geaffilieerdes ge-epos word na die midjaar-skoolvakansie. (Die e-posadres op die inskrywingsvorms sal gebruik word.)
|